Welkom by MuziKidz

Wat is MuziKidz?

MuziKidz is ‘n musiekprogram vir kinders van 12 maande tot 6 jaar.

By MuziKidz streef ons om die kind as musikant van vroeg af te ontwikkel.

Die Kodály musiekbenadering (Lees meer op Wikipedia) dien as basis vir al ons klasse en bied ‘n uitstekende manier om musikale begrippe en vaardighede op speelse manier aan jong kinders oor te dra.

Die kind se stem word as sy/haar eerste instrument beskou en baie aandag word aan onbegeleide sang geskenk.

Die Kodály-benadering maak gebruik van volksliedjies, Curwen handseine, prentjies, Solfa en ritmiese simbole.

Potgooi met Heidi Kluever

Luister na 'n onlangse onderhoud met stigter Heidi Kluever op PretoriaFM.

Deur sing, dans en speel word moeilike musikale konsepte sommer vinnig aangeleer.

Die kind se innerlike luistervermoë word optimaal ontwikkel en elke kind word begelei om later moeiteloos na ‘n instrument van sy/haar keuse oor te skakel.

Die waarde van hierdie tipe kwaliteit-musiekonderrig vanaf ‘n vroeë ouderdom is herhaaldelik deur verskeie studies bewys. Dit bevorder konsentrasie, taalontwikkeling, wiskundige vermoë, geheue, kreatiewe denke, linker- en regterbreinontwikkeling, selfvertroue, groot- en fyn-motoriese ontwikkeling, spanwerk, luistervaardighede en sosiale interaksie.

Stay informed! Visit the SA Department of Health’s website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za